Local newsStreeknuus

Wenners van Delmas Herleef se gelukkige trekking aangekondig

As deel van dankbetuiging vir diegene wat hulle stemme vir Delmas gegee het Delmas Herleef ’n kompetisie van stapel gestuur.

Delmas staan, saam met agt ander dorpe, in lyn om moontlik as Dorp van die Jaar gekroon te word.

Die gees was groot en die afwagting vir die aankondiging van die wenner wat op 6 Augustus sal plaasvind, is nou nog groter.

As deel van dankbetuiging vir diegene wat hulle stemme vir Delmas gegee het Delmas Herleef ’n kompetisie van stapel gestuur.


Trudie Whitehorn was die gelukkige wenner van die R1 000-prys.

Die Delmas Herlewers het op 21 Julie by Pick’n Pay op Delmas se ingang bymekaar gekom en elkeen wat bewys kon lewer dat hulle hul 30 stemme laat hoor het, kon inskryf.

Verskeie name het in die gelukkige trekkingshouer beland.

Die trekking vir die pryse, koopbewyse van R1 000, R500 en R250, sowel as R100 kontant het op 27 Julie om 14:00 by die Hervormde Kerk op Delmas plaasgevind.


Dr Martin van Rensburg, Cosmos Tshivhase en pastoor Gert van de Mescht.

Die individuele trekkings is deur pastoor Gert van der Mescht, Mari Greyvenstein en Carel Botha gedoen en het onder die wakende oog van doktor Martin van Rensburg plaasgevind.

Die wenner van die R1 000-prys was Trudie Whitehorn, die R500 Precious Maedimole, die R250 Pinky Mokoena en Cosmos Tshivhase het die R100 prys gewen.

Die bestuur van Delmas Herleef het weer eens elkeen wat vir Delmas as Dorp van die Jaar gestem het, opreg bedank.


LEES OOK: New electricity meters in GMM come with many issues

LEES OOK: Cases opened after chaos at council meeting of Govan Mbeki Municipality




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button