Local newsStreeknuus
Sussies van Cullinan presteer op die planke
Dit was die meisies se eerste deelname aan 'n kompetisie van dié aard.
Die Schoombee-sussies van Cullinan het goed in toneelspel presteer met hul optrede by die Aardklop Pronk Podium op 2 Augustus.
Shené en Leané Schoombee is vir hul produksie, Vir Tyd en Wyl, saam met hul afrigter, Imarie Oberholzer, as die naaswenners in die Pronk Pret se Hoërskool Die Wilgers-streek aangewys.
Al die spelers wat deelgeneem het, het goue medaljes ontvang.
Shené en Liané het goue medaljes verwerf.
Volgens hul ma, Ariska Schoombee, was dit haar dogters se eerste keer om so iets te doen.
Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



