Local newsSchoolsStreeknuus
Laerskool Rayton hou karnaval
Reën en Juanita du Plessis het by die karnaval opgetree.
Laerskool Rayton het op 29 Julie ’n karnaval gehou. Die leerders het ’n diereskou gehou wat deur Barend en Bertha Dofling aangebied is.
Hulle moes self hul diere was en reg kry vir die skou. Daar was ook kosstalletjies vir mense om te geniet.
Reën en Juanita du Plessis het by die karnaval opgetree en die mense vermaak. Die Rhino Mammas het die potjiekoskompetisie gewen.
Hulle het hul prys van ’n week se vakansie terug gegee aan die skool en dit is is die aand vir R21 000 opgeveil.
Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




