Local newsLocal sport

Morgenzon-span wen Mpumalanga-liga

GJ Kotze en Braam Schoeman het Morgenzon verteenwoordig en daarin geslaag om die eerste putjie met ’n voëltjie te wen.

Morgenzon Gholfklub het die naweek van 5 Augustus geskiedenis gemaak en die Mpumalanga-liga gewen.

Hulle was Hoëveld-wenners en het in die eindstryd teen Sabie River Bungalows (Laeveld-wenners) meegeding.
Die mededinging het op Ermelo plaasgevind.

Die twee spanne het gelykop geëindig en ’n uitspeelrondte moes die wenner bepaal.

GJ Kotze en Braam Schoeman het Morgenzon verteenwoordig en daarin geslaag om die eerste putjie met ’n voëltjie te wen.

Dit het die algehele oorwinning besorg.

Morgenzon is al drie keer in die verlede as Hoëveld-kampioene gekroon, maar kon nog nooit daarin slaag om die Mpumalanga-eindstryd te wen nie.



Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button