Local news

VLU-takke hou Mpumalanga kongres op Secunda

Lynette Posthumus wen toekenning vir skryfkuns.

Vroue van verskeie streke in Mpumalanga het op 2 en 3 Augustus die Mpumalanga VLU-Kongres wat by Lake Umuzi gehou is, bygewoon.

Die Tambukie-streek, wat Ermelo en Wakkerstroom insluit, het algeheel eerste geëindig met 3 516 punte terwyl Malieveld (wat Nelspruit en omgewing insluit) tweede met 3 295 punte geëindig het.

Die Kosmos-streek (wat Middelburg en omgewing insluit) het derde geëindig met 3 212 punte, die Carpe Diem-streek (wat Witbank en omgewing insluit) het vierde geëindig met 3 092 punte en die Hoëveld-streek (Secunda, Bethal, Kinross, Standerton en omliggende dorpe) het vyfde geëindig en 2 821 punte behaal.

Lynette Posthumus van die Bethal VLU-tak wat onder die Hoëveld-streek val, het ’n toekenning vir haar skryfkuns Ek Lig my Hoed ontvang.


ALSO READ: Denner-gesin bedank gemeenskap nadat hul huis op Secunda brand


Sy het die skryfkunsafdeling gewen en 98% vir haar skryfkuns behaal.

Rosa Black, van die Secunda VLU-tak wat ook deel is van die Hoëveld-streek, het 78% gekry en vierde geëindig vir haar blommerangskikking in die middelbare afdeling.

Verskeie gassprekers wat die akteur Eric Holm, die radio-omroeper van Ons Radio van Standerton, Gerhard Kirchner en Karen Oberholzer insluit, het die gehoor toegespreek.

Holm het gepraat oor sy reis van trauma, nadat hy jare terug op Secunda sy nek gebreek het en verlam gelaat is, na triomf.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button