Local newsLocal sportStreeknuus

Trofee vir liga in Delmas se sak

Die twee dorpe ding reeds sedert 2013 jaarliks teen mekaar mee en was vanjaar was dus reeds die 10de jaar van die immergewilde liga.

Die jaarlikse rolbal-liga tussen buurdorpe Delmas en Bronkhorstspruit het weer op 9 Augustus op die baan van Delmas plaasgevind.

Die twee dorpe ding sedert 2013 jaarliks teen mekaar mee en vanjaar was dus die 11de jaar van die gewilde liga.

In 2022 het Bronkhorstspruit die kroon gedra, maar vir die 2023-liga behoort die trofee weer aan Delmas.


Johan Swart in aksie tydens die liga wedstryd.

Tydens vanjaar se liga-wedstryd het Delmas 116 punte verower terwyl Bronkhorstspruit 87 punte op die telbord gehad het. Suzette Botes, tesourier van die Delmas Rolbalklub het elkeen wat deelgeneem het, bedank.

Sy het ook elk van die rolbalklub-vroue bedank vir hul insette met die heerlike kos, tafelversierings en moeite wat in die ete ingesit is.

Botes het verder die mans bedank vir hul hulp met die voorbereiding van die baan voor die wedstryd.


George Wolmarans van Delmas.

“Ons is ’n goeie span en ek bedank elkeen vir hul bydrae, hoe klein of groot ook al, om van die dag so ’n groot sukses te maak.”

Na die bedankings was dit tyd vir die Bronkhorstspruit Rolbalklub se president, John O’Connell, om die trofee aan die president van die Delmas Rolbalklub, Hennie Terblanche, te oorhandig.

Die trofee was onder luide gejuig terug in die hande van Delmas se president geplaas.


Gerhardt van Heerden van Delmas gee die bal af.

“Ek wil vir Delmas Rolbalklub dankie sê vir die fantastiese gasvryheid. Dit was ’n plesier om die dag saam met julle (Delmas) te bestee,” het O’Connell gesê.

O’Connell het ook vir Delmas met hul baan gekomplimenteer. Die wense was ook uitgespreek dat die twee spanne mekaar meer gereeld op die baan moet aanvat.

Beide spanne was dit eens dat die dag se wedstryd en saam kuier in goeie en gesellige gees plaasgevind het.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button