‘n Plaaslike digter, Von Villon, is onder die top drie digters by die Ink Skryf in Afrikaans kompetisie. Hy het vyf gedigte vir dié kompetisie ingestuur waaraan meer as ’n duisend digters deelneem.
Dit is die tweede agtereenvolgende jaar wat Villon so goed vaar in dié kompetisie. Sy eerste digbundel, Gedagte Duister, is in 2021 vrygestel en sy tweede digbundel, Liefdesweë is onlangs vrygestel.
Liefdesweë gaan oor ’n persoon wat sy waarde gevind het in die daad van liefde in plaas van in God en bevat 96 gedigte.
Villon bied binnekort ’n gratis werkswinkel aan wat mense sal help om hul verlede te oorkom en vrede te maak daarmee.
LEES OOK: Youngster from eMba excels in athletics
Dié werkswinkel fokus ook daarop om mense te help hoe om die regte eggenoot te kies.
“Mense wat trauma ondervind sal baie baatvind by dié werkswinkel. Ek het ’n program ontwikkel vir dié werkswinkel met die leiding van die Bybel en die Heilige Gees en al my jare se ondervinding as berader,” het Villon gesê.
Villon het ook met een van die land se beste digters, Marlena Bruwer gewerk en ’n aanlyn digskool begin.
Vir meer inligting oor die werkswinkel, stuur ’n e-pos na weetwiejyis@gmail.com.



