Local news

AfriForum skenk spinasie vanuit hul groentetuin op Bethal

Ouetehuise en sopkombuis vind baat by projek.

AfriForum se Bethal-tak het op 2 Oktober weer ’n groot porsie groente aan die Silwerjare Ouetehuis, Palmoord Ouetehuis en die sopkombuis op Bethal geskenk.

Dié groente, wat 200kg spinasie insluit, kom vanuit AfriForum se groentetuinprojek op Bethal.

Volgens Ingrid Human, voorsitter van AfriForum se Bethal-tak, het dié groentetuin, ondanks die droë weerstoestande wat tans in Mpumalanga heers, so ’n goeie oes opgelewer.

Daar is nog kool en wortels wat binne die volgende paar maande reg sal wees om geoes te word.

“Die tak se groentetuinprojek het ’n steunpilaar geword en help die gemeenskap maandeliks in ’n tyd wat die ekonomie baie hard druk,” het Human gesê.

“Ons is dankbaar om op dié manier te kan help.”



Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button