Local news

Groot aantal besoekers daag op by Kuier-en Proefees op Standerton

Benewens die pannekoek, poedings, kerrie en rys, vetkoek, koeke, kleinkoekies, beskuit, sosaties, worsbroodjies, verpakte vleis, wildpasteie en varsgebakte brood, kon besoekers lafenis in die teetuin opsoek, asook die wynstalletjie besoek.

Die NG Wes-gemeente in Charl Cillersstraat het op 28 Oktober ’n Kuier-en Proefees op die kerkterrein aangebied.

Benewens die pannekoek, poedings, kerrie en rys, vetkoek, koeke, kleinkoekies, beskuit, sosaties, worsbroodjies, verpakte vleis, wildpasteie en varsgebakte brood, kon besoekers lafenis in die teetuin opsoek, asook die wynstalletjie besoek.

Kinders kon op die springkasteel baljaar, terwyl die ma’s moontlik die aandrokke bewonder het. Besoekers kon ook ’n draai by die snuffelboetiek, wit-olifant tafel en boeketafel maak.

Die aantal Springbok ondersteuners was opvallend in hul groen T-hemde.

Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button