Rayties verower derde plek in robotkompetisie
44 robotspanne het in die Gauteng Sentrale Streek 'n intense stryd teen mekaar aangegaan by UNISA.
Die LegoBot Legend-span van Rayton het derde gekom in die First Lego League (FLL) Robotkompetisie in die Gauteng sentrale streek wat op 28 Oktober by Unisa plaasgevind het.
In ‘n naelbytstryd van twee en ’n half minute per span het die span van Laerskool Rayton hul vaardighede gewys teen 44 ander robotspanne.
Die FLL kompetisie is ’n internasionale robotika program wat gemik is op die betrekking van leerders in ware wetenskap- en tegnologie uitdagings.
Dit vereis dat spanne robotte bou, programmeer en bedryf om ’n reeks take op ’n spesiaal ontwerpte speelveld uit te voer.
Die FFL kompetisie bestaan uit vier komponente, naamlik die robotspel, robotontwerp, kernwaardes en innovasieprojek.
Rayton se LegoBot Legends het gekwalifiseer vir die nasionale kompetisie wat op 1 en 2 Desember by Sci-Bono Discovery sentrum in Johannesburg plaasvind.
ALSO READ: eMzinoni police welcome new station commander
ALSO READ: Bronkhorstspruit Police wish matriculants good luck




