Verskeie Witpoort-leerders ontvang erkenning vir hul sport
Laerskool Witpoort het hul jaarlikse sportmerietefunksie gehad en verskeie leerders het trofees ontvang vir hulle uitnemende prestasies vir die afgelope sportjaar.
Laerskool Witpoort het op 2 November hul jaarlikse sportmerietefunksie gehou en verskeie leerders het trofees vir hulle uitmuntende prestasies vir die afgelope sportjaar ontvang.
Die volgende leerders het top trofees ontvang: Jeanette Buloze (beste atleet), Adele Oosthuizen (beste netbalspeler), Peter Ferreira (beste rugbyspeler), Rikus Steyn (beste krieketspeler), Elani Roets (beste landloopatleet), Christelle Heunis (beste hokkiespeler), Vida Burmeister (beste ruiter), Martin Gutschmidt (beste seunsfietsryer), Christelle van den Heever (beste dogtersfietsryer) en Rikus Steyn (beste tennisspeler).
Elani Roets is as die sportdogter vir sport binne skoolverband aangewys en Pedri Meyer is as die sportseun vir sport binne skoolverband aangewys.
Vida Burmeister het die trofee vir die sportdogter vir skole sport buite skoolverband ontvang en Rikus Steyn het die trofee vir sportseun vir skole sport buite die skoolverband ontvang.
Die toekenning vir sportdogter vir privaatsport is aan Zeldeen Martins toegeken en die toekenning vir sportseun vir privaatsport is aan Rikus Steyn oorhandig.
Mees veelsydige sportster was Rikus Steyn.
LEES OOK: Delmas Makietie sorg vir hope pret en plesier
LEES OOK: Gender-based violence (GBV) office established in Bronkhorstspruit





