Local news

Kinross VLU-vroue sluit jaar af

Belangstellendes kan volgende jaar weer by die VLU aansluit.

Vroue van die Kinross VLU-tak het op 9 November hul jaar met ’n ete by die Evanderklub afgesluit.

Die plaaslike digter, Von Villon het die vroue toegespreek en hulle wenke gegee oor hoe om gedigte te skryf.

Dié vroue neem volgende jaar aan die VLU se prosa-kompetisie deel.

“Dit is belangrik om baie beskrywend te wees in jou gedigte,” het Villon gesê.

“Vermy woorde soos ‘lank lank gelede’ en besluit in watter tyd jy wil skryf, die hede of verlede. Dit is altyd beter om in die hede te skryf en skryf soos wat jy praat.”

Villon het die vroue aangemoedig om ’n woordeboek te gebruik terwyl hulle skryf en nie anglisisme te gebruik nie.

Belangstellendes kan volgende jaar weer by die Kinross VLU-tak aansluit.

Vir meer inligting, skakel Thea Potgieter by 082 823 2728.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button