Inwoners van Standerton rol moue op om slaggate te herstel
“Die grond wat in die slaggate gegooi word, spoel met die eerste reën weg,” het hy gesê.
Inwoners van Paarlstraat herstel op eie koste die aantal slaggate wat die roete moeilik begaanbaar maak.
Die Standerton Advertiser het vroegoggend van 21 November Daniël Kriek, Jabulani Moses Manana en Xolani Peter Khumalo opgemerk waar sement op die ergste slaggate gegooi is.
Volgens Kriek doen hulle dit gereeld.
“Die grond wat in die slaggate gegooi word, spoel met die eerste reën weg,” het hy gesê.
Paarlstraat dra swaar verkeer van motoriste wat hul kinders by Standerton Laerskool en Hoërskool Standerton af- en oplaai, motoriste na die Gert Sibande TVET Kollege by die kruising van Krugerstraat, wat ook na links die roete na Standerton Hospitaal is.



