Ou Manne meet kragte met Jong Manne by Standerton Buiteklub
Leon Myburg het op 18 November die pas in die A-afdeling van die Maandelikse Beker Buiteklub aangegee.
Standerton Buiteklub was propvol ghofspelers op 25 November toe die Ou Manne teen die Jong Manne kragte gemeet het en die Merries teen die Cherries.
Die Ou Manne het geseëvier, asook hul vroulike eweknieë, die Merries. Leon Myburg het op 18 November die pas in die A-afdeling van die Maandelikse Beker Buiteklub aangegee.
Myburg het ’n netto van 69 aangeteken, wat deur Willie Griesel geëwenaar is.
Sowel Jannie Nichols as Kobie Coetzee het op 70 te staangekom, terwyl Andrew Harper met 72 geëindig het.
Rowan Brink het 74 op die telkaart ingevul, gevolg deur Gerrit Coetzee se 75 en Casper Roux en Innocent Dhladla, albei met 76.
Stephen Nortjé het 78 aangeteken, gevolg deur Johan Griesel en Joré Nortjé wat albei 79 op die telkaart ingevul het.
RJ Kinnear het met 80 geëindig. Willie Griesel, Nichols, Kobie Coetzee, Dhladhla, Johan Griesel en Kinnear het elk in dié afdeling ’n spog-twee behaal.
Aldo Arnaldi was onoorwonne in die B-afdeling met ’n netto van 66, terwyl die vroue-wenner, Patrizia Lombard op 71 te staan gekom het.
Nico Lombard het ook met 71 geëindig, gevolg deur Louis Bibbey met 78, Deon Grimsell met 82 en Herman Mynhardt met 93.
Jabbies Lotz het in die C-afdeling met 38 punte geseëvier, gevolg deur Francois Cronjé met 35 en Carus J van Rensburg met 34.
Sowel Riaan Starbuck as Clifford van Vuuren het met 29 geëindig, Terwyl Juan Nortjé… aangeteken het en PJ Venter 28.
Lourens van der Sandt het 23 op die telkaart ingevul. Ronel Starbuck het in die vroue-afdeling met 34 geëindig en Adri Mynhardt met 30.
Nortjé het in dié afdeling ’n spog twee behaal. Adri Mynhardt het tydens die vorige dag se Sundowner IPS 22 punte op die telkaart inegvul, gevolg deur Stephen Nortjé met 18.
Kinnear het op 16 te staangekom, Sonja Nortjé op 14 en Johardt Swanepoel op 13.












