Laerskool Kruinpark op Secunda se atlete presteer
Leerders behaal plekke by ASA interprovinsiale atletiekkampioenskap.
Laerskool Kruinpark atlete het op 2 Desember aan die Atletiek Suid-Africa (ASA) se sub-jeug interprovinsiale kampioenskap by Secunda stadion deelgeneem en presteer.
Ivanka van Heerden (o7) het vierde in haar lopie en 15de in haar ouderdomsgroep geëindig in die 60m, terwyl Ava Grieb (o7) derde in haar lopie en 22ste in dieselfde ouderdomsgroep geëindig het.
Kyle Olckers (o7) het derde in sy lopie en vyfde in sy ouderdomsgroep geëindig in die 60m en tweede in sy lopie en vyfde in sy ouderdomsgroep in die 80m.
Du-Handré Putter (o11) het tweede in sy lopie en 13de in sy ouderdomsgroep geëindig in die 80m en eerste in sy lopie en 14de in sy ouderdomsgroep in die 100m.
Lihan Roux (o9) het agtste in sy lopie en 13de in sy ouderdomsgroep geëindig in die 600m en sewende in die spiesgooi.
Janru Pretorius (o13) het vyfde in sy lopie en 14de in sy ouderdomsgroep geëindig in die 80m hekkies en vyfde in sy lopie en 16de in sy ouderdomsgroep in die 200m hekkies.
Jani Nel (o11) het sesde in hoogspring geëindig, terwyl Jeandre Oosthuizen (o11) vyfde in diskus geëindig het. Iwan Scholtz (o11) het sewende in gewigstoot en 16de in spiesgooi geëindig.



