Moenie die fees van Liggies by Rayton misloop nie
Die Liggies-skouspel gaan by Legends Adventure Farm in Rayton plaasvind met besoekers wat van vêr en wyd dié wonderland besoek vir die jaarliksie Kersliggies Oppi-Plaas Fees.
Vanjaar se liggieskouspel gaan van 15 to 24 Desember by Legends Adventure Farm in Rayton plaasvind met besoekers wat van vêr en wyd dié wonderland besoek vir die jaarliksie Kersliggies Oppi-Plaas Fees.
Dié fees vind elke Desember elke Donderdag, Vrydag en Saterdag op die gronde plaas. Vanaf die aankoms is dit ’n towerspel van liggies.
Daar is alles, van kosstalletjies tot geskenk idees en veilige speelgeriewe vir die kinders waar hulle hulself kan verloor in klank, geur en kleur.
Toegang is R10 tot R150 per persoon, afhangende van die aand waarop jy die skouspel besoek. Steve Hofmeyr tree op 16 December op en Dirk van der Westhuizen op 23 Desember.
’n Gedeelte van die kaartjieverkope gaan aan HelpNet, ’n organisasie wat omsien na kinders wat weens veiligheidsredes uit hul ouerhuise verwyder moes word.
Dit is die derde jaar wat Kersliggies Oppi-Plaas Fees hierdie organisasie ondersteun. Verlede jaar is sowat R15 000 vir dié organisasie ingesamel.
Die organiseerders wil die bedrag vanjaar verdubbel. Die geld wat deur Kersliggies Oppi-Plaas ingesamel word, sal gebruik word om ’n huis van veiligheid verder toe te rus.
Vir meer inligting oor die projek, stuur ’n e-pos na jolandaj@helpnet.org.za. Die hekke maak om 18:00 oop en die adres is Legends Adventure Farm Rhino Park, R515-pad, Donkerhoek, net oos van Pretoria.
Vir meer inligting, stuur ’n e-pos na info@pretoriafees.co.za of skakel 074 120 0279. Alle inligting is ook beskikbaar op www.kersliggies.co.za




