Local news

AfriForum herstel slaggate op Trichardt

Raak betrokke by organisasie en gemeenskap.

AfriForum Teks-tak, wat Trichardt, Evander, Kinross en Secunda insluit, het in November ’n slaggatprojek van stapel gestuur, en slaggate op Trichardt reggemaak.

Volgens Jan du Plessis, voorsitter van AfriForum Teks-tak, het hulle 390 sakkies teer en 2m² doleriet gebruik om talle slaggate suksesvol te herstel.

Du Plessis het gesê die doleriet word gebruik as basis in die herstel van die slaggate waarna nuwe teer gelê word.
Vir een massiewe slaggat op Trichardt, moes hulle 145 sakkies teer gebruik.

Dié slaggatprojek is in samewerking met verskeie plaaslike ondernemings aangepak. Die ondernemings het materiaal geskenk asook gehelp om die teer te vervoer en hul toerusting beskikbaar gestel.

“Ons gemeenskap kan dit nie bekostig om langer agteroor te sit en toe te kyk hoe alles verval nie,” het Du Plesiss gesê.

“Ons sal dit self moet herstel en die munisipaliteite wys dat ons nie meer van hulle afhanklik kan wees nie.”

Om by AfriForum Teks-tak betrokke te raak, of hulle te ondersteun, besoek hul webwerf by www.wordlid.co.za.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button