EntertainmentLocal newsNews galleriesSportSportSports galleries

Taekwondo-vegters sluit jaar af

Instrukteur nooi belangstellendes om volgende jaar aan te sluit.

Die ATC  Cullinan Taekwondo-klub het op 14 Desember hul jaarlikse prysuitdeling by die Cullinan Sport-sentrum aangebied.

Lede van dié klub kom weekliks bymekaar waar instrukteur, Justin Collett, sy leerders leer om die tegnieke van dié sport te bemeester.

Collett en ander instrukteurs, Svetlana Zalevskaya, Alexander Grobler en Wilma De Waal het die geleentheid bygewoon en troefees aan die studente oorhandig.

Volgens Collett was 2023 ’n moeilike jaar en baie van die studente moes tragedies en siektes oorkom gedurende die jaar.

Hulle het egter steeds almal goed presteer en niemand is met leë hande huistoe nie.

Die klub het selfs erkenning gegee aan die leerders wat aan die 2020 Covid-kompetisies deel geneem het.

Collett het gesê hy is trots op sy studente en hy het almal ’n geseënde feesseisoen toegewens.

Hy het in die besonder vir ATC Cullinan NAGA Earthworx en Petra Myn bedank vir die gebruik van die geriewe asook Yuri Dienste vir die borg van al die sertifikate en medaljes.

Collett het belangstellendes en nuwe studente genooi om in die nuwe jaar by die klub aan te sluit.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button