Local news

Palette-tot-meubels-droom bewaarheid op Delmas

“Ek het begin droom, om stoele, tafels en beddens goedkoop te vervaardig om sodoende gesinne se lewenskwaliteit te verbeter.”

Vir Elna Schoeman van Schoeman Boerdery het ’n droom werklikheid geword toe sy onbruik in gebruik kon verander en daarmee saam vir mense uit die gemeenskap werk kon skep.

“Gedurende 2014 het ek by van ons werkers se huise ingeloer. Daar het ek die dromme vir sitplekke en matjies vir beddens gesien. Ek het besef daar is’n groot behoefte aan bekostigbare en tog ook gehalte meubels,” het Elna gesê.

Volgens Elna was sy ook reeds vir baie jare bewus van die houtpalette op die Schoemans se sitrusplaas by Moosrivier en by ander industrieë wat net verlore gaan.

“Ek het begin droom, om stoele, tafels en beddens goedkoop te vervaardig om sodoende gesinne se lewensgehalte te verbeter.”


Adriaan Swart en Elna Schoeman saam met hul span meubelmakers.

Elna het in April toestemming verkry om ’n stoor van Schoeman Boerdery op die plaas Witklip op Delmas, te gebruik.

Met Kallie Schoeman, Schoeman Boerdery se Hoëveld bestuurder en personeel se ondersteuning, was Elna nou oorgehaal om die bal aan die rol te sit. Sy het vir Adriaan Swart, met 40 jaar houtwerkondervinding, vir bystand en hulp genader.

Volgens Elna was Swart gretig om in dié bootjie te klim en het op sy beurt beskikbare masjinerie van Jeremy Budgen bekom.

Gedurende Julie was daar 107 kurrikulum vitae (CVs) van werklose mense deurgewerk en op 25 Julie het hulle 19 onderhoude toegestaan.

“Op 27 Julie het ons nege persone aangestel, en die bal was aan die rol.”

Die mense se opleiding het op 2 Augustus, onder die hand van Swart begin en na drie maande het sewe gekwalifiseer.

“Penduka furniture@Schoeman was op 31 Oktober amptelik geopen.”

Elna verduidelik dat Phenduka ’omdraai’ in Zulu beteken.

“Ons draai palette om na goeie en praktiese meubels en terselfdertyd verskaf ons werk aan voorheen werklose mense vanuit die gemeenskap. So draai om hopelik ook hul lewens om en gee vir hulle menswaardigheid en ’n doel in die lewe.


Adriaan Swart en Gert Mabudi in die Phenduka fabriek.

Elna het verder genoem die ontstaan, navorsing, die inrig van Phenduka se fabriek en alles wat daarmee saam gegaan het, haar kapitaal egter uitgeput het.

“Ek is daarom dankbaar teenoor Kallie wat vir my die bedryfskaptiaal voorsien tot en met Phenduka winsgewend raak.”

“Goeie pryse is moontlik, want ons plaaslike besighede wat Schoeman Boerdery self, CJ Williams, Sondela Eggs van Eloff en Corruseal ons gratis van palette voorsien.”

“TRAP is Phenduka se leuse -Trustworthy, Recycled, Affordable, Practical.”

Vir Elna het haar jarelange droom werklikheid geword.

“Sonder elkeen se hulp, bydrae en ondersteuning sou dit egter nie moontlik gewees het nie, daarvoor sê ek dankie,” het Elna afgesluit.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button