Local news

Oud-inwoner van Standerton sterf onverwags

Benewens haar volgehoue omgewingsbewustheid, gesoute vaardighede in die motorhandelbedryf, betrokkenheid by die natuurlewe soos voëlkykery, opsit van uilkaste en perdeliefhebber, was sy ook ’n veteraanskut wat haar beywer het om ’n groen baadjie aan te trek.

Helen Ellis, oud-inwoner van Standerton, is op 10 Januarie omstreeks 05:00 op 66-jarige ouderdom op Lambertsbaai oorlede.

Volgens haar oudste seun, Michael, het sy van ‘n massiewe hartaanval gesterf. Helen het diep spore in die gemeenskap getrap.

Benewens haar volgehoue omgewingsbewustheid, gesoute vaardighede in die motorhandelbedryf, betrokkenheid by die natuurlewe soos voëlkykery, opsit van uilkaste en perdeliefhebber, was sy ook ’n veteraanskut wat haar beywer het om op nasionale vlak te presteer.

Dié veelsydige vrou kon ook haar talente by die VLU se Vaalrivier-tak ontgin.

Helen het reeds in April verlede jaar na Lambertsbaai verhuis waar sy in ’n woonstel by haar dogter, Kathleen gebly het.


Helen Ellis wys na ’n uilboks in ’n kantoor.

“Sy was baie gelukkig hier,” het Kathleen gesê.

Die skokkende nuus het haar gesinslede diep geraak.

“Ek was ’n gedeelte van die oggend in ontkenning,” het Michael gesê.

Helen het haar perde aanvanklik op stal by die Standerton Skougronde gehou alvorens haar besluit om te verhuis genoodsaak het dat hulle by die Armitages gehou word.

Moontlik was sy ook ’n boervrou op ’n dorpserf want op ’n stadium het sy hoenders en lammers aangehou, howel sy seker moes maak dat haar kruietuintjie nie verwoes word nie.


LEES OOK: eMba police want the GMM to collect their garbage because of the health risk


Lambertsbaai het haar die geleentheid gebied om langs die strand te gaan stap, haar perd te ry, die natuurskoon, veral blomme en fynbos gade te slaan en daagliks wakker te word met die geluid van seegolwe in haar ore.

Volgens Michael beplan haar gesin om ’n diens ter nagedagtenis aan haar te hou. Op kort besoeke aan Standerton, was haar kleinkinders, Levi en Logan aan haar sy, op pad na ’n besienswaardigheid.

Helen het ook ’n kleinkind, Danica ryker geword na die geboorte van haar seun, Richard en Maggie, se eersteling.

Sy word oorleef deur haar seuns, Michael en Richard, skoondogters, Chantelle en Maggie, dogter Kathleen en skoonseun Morné, kleinkinders, mede-skuts van Edelvalk en vriende.


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button