Standerton se Spring Chickens klop Middelburg oortuigend
Gerrit Coetzee was onoorwonne oor 18 putjies in dié IPS-kompetisie, gevolg deur Hennie Swanepoel en Attie Mouton wat albei 35 op die telkaart ingevul het.
Ligawedstryde het die afgelope naweek plaasgevind, met die Spring Chickens wat Middelburg tuis 7-1 geklop het.
Die Outoppies A het vasgeval teen Morgenzon en 6-0 verloor en die Outoppies B het 4-2 teen Volksrust verloor.
Johan Strydom het op 10 Januarie met 10 punte oor nege putjies by die Standerton Buiteklub geëindig.
Gerrit Coetzee was onoorwonne oor 18 putjies in dié IPS-kompetisie, gevolg deur Hennie Swanepoel en Attie Mouton wat albei 35 op die telkaart ingevul het.
Kobie Coetzee het 34 aangeteken, met Stephen Nortjé, Johan Brits, Werner Mouton en Jacques Nel wat elk op 33 te staan gekom het.

Gerhard Brits het met 32 huiswaarts gekeer en Damian Brink met 28. Attie Mouton en Hannes van Niekerk het albei ’n spog-twee behaal.
Stephen Nortjé het die pas in die A-afdeling van die Maandelikse Beker op 6 Januarie aangegee en met ’n netto van 69 huiswaarts gekeer.
William Nichols het dit geëwenaar, gevolg deur sowel Ronald Kinnear, as Johan Griesel, wat op 72 te staan gekom het.
Joré Nortjé het met 73 geëindig, terwyl Jannie Nichols, wat die beste gross aangeteken het, met 74 geëindig het.
Innocent Dhladhla en Xander Roux het albei 75 op die telkaart ingevul, terwyl Casper Roux op 76 te staan gekom het.

Gerrit Coetzee het op 77 te staan gekom en RJ Kinnear op 78. William Nichols, Ronald Kinnear en Griesel het in dié afdeling ’n spog-twee behaal.
Heinrich Burger het die B-afdeling syne gemaak nadat hy ’n netto van 69 op die telkaart ingevul het. Wikus du Preez het 72 aangeteken en Johan Brink 75.
Deon Grimsell het met 77 geëindig en sowel Mark Nortjé, as Nico Lombard, het op 79 te staan gekom, met Vivian Seager op 82.
Burger het in dié afdeling ’n spog-twee behaal.

NT Coetzee het in die C-afdeling met ’n puntetelling van 39 geseëvier, gevolg deur Phillip du Preez wat 34 aangeteken het.
Clifford van Vuren het 30 op die telkaart ingevul, terwyl Fanie Botha met 27 en Francois Cronjé met 21 geëindig het.
Tydens die vorige dag se Sundowner-kompetisie wat in medal-formaat beslis is, het Stephen Nortjé ’n netto van 35 aangeteken.
Patrizia Lombard het ook 35 op die telkaart ingevul, terwyl Aldo Arnaldi op 37 en Wessel van der Merwe op 39 te staan gekom het.







