Local news

Secunda VLU-tak skop jaar af

Belangstellendes is welkom om die volgende vergadering op 7 Februarie by te woon.

Lede van die plaaslike VLU-tak het op 18 Januarie die jaar afgeskop met hul eerste vergadering en die voorsitter, Rosa Black het ’n boodskap vir 2024 gebring.

Dié tak het ook ’n nuwe bestuur vir die jaar gekies. Rosa Black is weer die voorsitter asook die skakelbeampte, terwyl Marlene Cockroft die visevoorsitter en sameroeper is, Karin Harrison die sekretaresse en Magda Schwab die tesourier.

“In die tyd waarin ons leef, waar alles kits en kunsmatig geword het, voel dit of die vrou nie meer waarde het nie,” het Black gesê.

“Die vrou se waarde kan nie aan geld gemeet word nie. ’n Vrou is waardevol, sy moet waardeer word en gekoester word.

“As ons dink aan vroue van die verlede tot vandag, sien ons nog hierdie deugde? ’n Deugsame vrou roem nie in haarself nie, sy is ’n doenmens. Haar werke getuig vir haar en sy is die pilaar van haar huis en vir haar gesin, haar behoeftes word opsy geskuif.

“Haar verlange en behoeftes is nie bekend nie, omdat sy sterk en altyd daar is.

“Maar ons het ook iets nodig.

“In 1 Samuel 1:10-16 in die Bybel, lees ons van die deugsame vrou wat tot God bid. Mag ons God eerste stel en saam by die VLU onsself opbou om deugsame vroue te wees vir God en ons gesinne.”

Die Secunda VLU-tak vergader weer op 7 Februarie om 09:00 by Die Rots by die NG Kerk Secunda-Oos/Goedehoop-gemeente.

Belangstellendes is welkom om dié vergadering by te woon.

Vir meer inligting, skakel Black by 082 586 9638.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button