Kaalspruiters lui die jaar vrolik in
Marietjie Swart is weer eens as voorsitter herkies, met Santie Cawood as sekretaresse en tesourier en Marinda Visser as skakelbeampte.
Die Kaalspruit-tak van die VLU het op 23 Januarie by die saal van die Hervormde Kerk vanaf 09:30 vergader.
Marietjie Swart is weer eens as voorsitter verkies, met Santie Cawood as sekretaresse en tesourier en Marinda Visser as skakelbeampte.
Zeldine Strydom gaan ’n Facebook-blad vir die tak open.
’n Streeksvergadering het op 25 Januarie op Bethal plaasgevind en die streekskonferensie word vir 29 Januarie op Bethal beplan.
Swart het sake op die agenda afgehandel en haar voorsittersverslag voorgelees, terwyl Roz du Preez die voorsitterstoel ingeneem het.
Benewens melding van die ledetal en taklede se bywoningsyfer, is gebreide speelgoed en klere aan die Abraham Kriel Kinderhuis op Modimolle geskenk.
Geldinsamelingsprojekte het die pannekoekverkope en verkoop van gebreide hoede ingesluit.

Tannie Roz kom in aanmerking vir ’n lidmaatskapknopie van 60 jaar en Anneline Smith van 10 jaar.
Kaalspruiters het met patatgeregte geëksperimenteer en lede kon proe en ’n punt uit 10 gee.
Hulle het vrolik aan die tema meegedoen deur gebreide kouse saam te bring vir die fotosessie.
Visser het die demonstrasie behartig waar met tou geverf is en die voorskote is uitgehaal.
Die volgende vergadering vind op 22 Februarie by dieselfde saal plaas, met Celia Goosen as spreker.



