Local news

Blommeklub-lede kom byeen op Secunda

Belangstellendes is welkom om volgende vergadering op 21 Februarie by te woon.

Lede van die Teksa Blommeklub het op 24 Januarie hul jaar begin met hul eerste vergadering en die vroue het geleer hoe om rame vanuit plantmateriaal te maak.

Hulle het ’n werkswinkel-vergadering gehou en elke vrou moes ’n raam bou waarna hulle wenke en idees uitgeruil het.

Dié klub se volgende vergadering is op 21 Februarie om 08:30 in Die Rots by die NG Kerk Secunda-Oos/Goedehoop-gemeente.

Belangstellendes is welkom om die vergadering by te woon.

Vir meer inligting, skakel Magda Schwab by 083 611 0684.

Roz du Preez by die Teksa Blommeklub se vergadering op 24 Januarie met haar raam wat sy uit plantmateriaal gemaak het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button