Local newsStreeknuus
Lewende Woord open gemeente op Bronkhorstbaai
Sowat 130 mense het die opening bygewoon
Die Lewende Woord Kerk het om 09:00 op 4 Februarie ’n satelliet gemeente se deure vir die gemeenskap by Bronkhorstbaai geopen.
Sowat 130 mense het die opening bygewoon, waar Nevil Norden, die leier en geestelike vader van Lewende Woord, ’n paslike boodskap gebring het.
Almal was aangemoedig om die wedloop wat die Here vir hulle elkeen het te voltooi.
’n Banier was agter teen die muur in die saal opgehang wat lees, “Die Here het verder gesê: Maar hier by my is ‘n plek waar jy op die rots kan staan.”
Mense het tyd met die Here in lof en aanbidding deurgebring, en is genooi om ná die diens koffie en kolfyntjies te geniet.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




