Twee mans, Zane Calitz en Christo Boshoff, is op 18 Februarie op aanklagtes van bedrog en diefstal in hegtenis geneem nadat hulle glo geld ontvang het om vir verskeie mense sonpanele op te sit en dan, na bewering, nie die werk gedoen het nie.
Volgens die klagstaat is daar klaers van Secunda, Bethal, Kriel, Kinross en selfs Brakpan.
Die twee mans het op 21 Februarie in die Secunda Landdroshof verskyn en is steeds in aanhouding.
Hul borgtog van R1 000 elk is toegestaan, maar hulle moet nog op 4 en 5 Maart op Kriel en Bethal ook in die hof verskyn.
Hulle saak by Secunda-hof is na 20 Maart uitgestel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!





