Local news

Organisasie skenk Bybels aan oues op Standerton

Die Stap-vir-Bybels-inisiatief, met mede-organiseerder, Salomé van der Merwe, het op 27 Oktober verlede jaar by Laerskool Kalie de Haas plaasgevind.

Duursame, leeroorgetrekte, grootdruk Bybels is op 10 April aan die inwoners van Kosmos Aftree-oord oorhandig.

Die Stap-vir-Bybels, met mede-organiseerder, Salomé van der Merwe, het op 27 Oktober verlede jaar by Laerskool Kalie de Haas plaasgevind.

Ds Christo Jooste het uit Psalm 19 ’n boodskap aan die seniorburgers gelewer, met die klem daarop dat die Here Homself deur die natuur en die Skrif openbaar.

“Die Bybel is God se Woord aan die mens. Die doel van die Bybels om van generasie na generasie oorgedra te word,” het ds Jooste gesê.


LEES OOK: Horse sickness can be treated says Bapsfontein vet


Johan van Dyk, voorsitter van Waterval Boerevereniging, het die oorhandiging die afgelope week gedoen.
Dié vereniging het die inisiatief met ’n ruim skenking ondersteun.

Van Dyk het ’n Bybel aan Patria du Plooy, bestuurder van inwonersorg by die ouetehuis, oorhandig wat in die sitkamer vir algemene gebruik sal wees.

Oudio-Bybels is ook aangekoop.

“Ons wil die gemeenskap en Standerton Akademie ook bedank vir die wyse waarop die projek ondersteun was,” het ds Jooste mee afgesluit.

“Altesaam 82 Bybels van verskillende tale is aangekoop en dit is inderdaad ’n groot sukses.”


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button