Local newsLocal sport
Visvang-dag bring geld in vir Bethal Sopkombuis
Gerhard van Vuuren wen hengelkompetisie.
Hengelaars het altesaam R80 00 ingesamel tydens ’n Visvang-dag wat op 18 Januarie op Dewald te Water se plaas buite Bethal gehou is.
Dié geld sluit hekfooie en skenkings in en is reeds in die Bethal Sopkombuis se rekening inbetaal.
Gerhard van Vuuren was die wenner vir die dag terwyl Werner Voster tweede geëindig het en Gerda Heyman derde.
Die organiseerders het almal wat dié dag ondersteun het en almal wat skenkings gegee het, bedank.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



