Local news

Lang pad na herstel lê vir oud-Standertonner voor ná 5m-val

Lumari Mentz (22) word eersdaags na Pretoria oorgeplaas nadat sy op 23 Desember 5m ver van ’n voetbrug geval het.

Lumari Mentz (22) se planne om op 5 Januarie by ’n fertiliteitskliniek in Sandton te begin werk, het ’n dramatiese wending geneem toe sy op 23 Desember 5m ver van ’n brug by die Big Blue Restaurant in Mosselbaai geval het.

Die Mentz-gesin van Standerton was op Danabaai met vakansie toe die fratsongeluk gebeur het.

Volgens die Mossel Bay Advertiser, ’n susterskoerant Standerton Advertiser, het dié oud-leerder van Standerton Hoërskool, teen ’n reeling op die brug gestaan toe dit meegegee het.

Lumari het op haar rug op rotse geval en die veiligheidsreeling het kort daarna bo-op haar geval.

Sy het met die val rugwerwels en ribbes breek en ook verskeie beserings aan haar kakebeen opgedoen.

Lumari is eers by Mossel Bay View Hospitaal behandel, maar is kort daarna na George Mediclinic oorgeplaas.

Sy het hier ’n vyf uur-lange noodoperasie ondergaan wat drukking op haar rugmurg verlig het.

Haar kakebeen is drie dae later herstel.

“Ons is dankbaar dat Lumari nie breinbeserings opgedoen het nie,” het haar ouers in ‘n BackaBuddy-veldtog gesê.
Dié blad is begin om geld in te samel vir die ekstra mediese uitgawes. Inligting op dié blad verduidelik dat haar T12 werwel vergruis is, wat ernstige drukking op haar rugmurg geplaas het.

“Lumari gaan beslis buite-hospitaal-uitgawes hê. Sy staar ’n lang herstelpad in die gesig, met verwagte rehabilitasiekoste, hulpmiddels en moontlike tekorte in mediesefondsdekking,” het haar pa, Manus geskryf.

“Ons hoop is om genoeg fondse in te samel om Lumari in die komende maande te ondersteun en om seker te maak dat sy toegang het tot die sorg en rehabilitasie wat sy nodig het om haar die beste moontlike kans op herstel te gee.”

Lumari is ’n kliniese tegnologiestudent by die Tshwane Universiteit van Tegnologie en is in haar laaste jaar van studies.

bridge with broken railing
Lumari Mentz het van dié brug by Big Blue Restaurant op Mosselbaai geval. Foto: Mossel Bay Advertiser

Manus het vroeer aan die Mossel Bay Advertiser vertel dat Lumari op 5 Januarie by die fertiliteitskliniek in Sandton haar loopbaan sou begin het met die doel om ’n embrioloog te word.

Hy het aan dié koerant vertel dat sommige dae makliker is as ander en dat die gesinslede se gemoed direk afhang van Lumari se gemoed.

Dié mooi donkerkop is die Mentz-egpaar se tweede kind. Sy sal binne die volgende paar dae na ’n rehabilitasiesentrum in Pretoria oorgeplaas word.

Manus het Vrydag aan die Standerton Advertiser gesê die gesin waardeer die ondersteuning vanuit die gemeenskap en hul vriendekring.

Hy het ook bygevoeg dat hulle hul privaatheid in hierdie tyd sal waardeer.

Belangstellendes wat die BackaBuddy-veldtog wil ondersteun, kan dit by Lumari Mentz doen

Also read: Pa gesels na 22-jarige se val by Punt-restaurant

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Supplied content

This content originated outside of Caxton Local Media, but we thought that you might find it interesting.

Related Articles

Back to top button