Local newsLocal sport

Dié boksers van Standerton oefen vir hul debuuttoernooi op Secunda

Juan Jacobs en Ewald Engelbrecht gaan op 25 April hul buiging in die bokskryt maak.

TNT MMA stuur volgende maand twee van hul vegters na Secunda vir boksgevegte by Dominators Den.

Juan Jacobs en Ewald Engelbrecht gaan op 25 April hul debuut in die bokskryt maak tydens dié groot bokstoernooi op Secunda.

Jacobs gaan op 85kg inweeg en veg terwyl Engelbrecht in die 76kg-klas sal meeding.

TNT MMA is ’n gemenge vegkunsklub waar hulle boks, skopboks, stoei, Muay thai, en jui jitsu beoefen.

Volgens Thian van den Berg van TNT, is daar klasse vir mans, vroue en kinders.

Hy nooi belangstellendes om hom te kontak by 082 691 0270.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Arisja Misselhorn

I have been a journalist for more than 30 years. I worked for Caxton and Beeld and also for my own publication. I returned to Ridge Times in 2018. I became editor for Ridge Times, Standerton Advertiser and Streeknuus in 2023. I completed numerous courses throughout the years, and I have won several awards.

Related Articles

Back to top button