Local news

Polisie sê seun wat op Val doodgeskok is, wou glo sien wat in die vragshouer was

Die seun was deel van die Wapadrand Boeredans-groep van Pretoria wat die jaarlikse byeenkoms op Val bygewoon het.

Die ongeluk op Val waarin ‘n tienerseun van Pretoria gistermiddag bo-op ‘n trein doodgeskok is, het naby die polisiestasie gebeur.

‘n Besoeker aan die Boer en Britdag wat gister by Val gevier is, het aan Ridge Times vertel die seuns het van hul dansgeselskap afgedwaal tot by ‘n goedere trein sowat 530m verder, naby die polisiestasie.

Die besoeker, wat verkies om anoniem te bly, het die seun se liggaam bo-op ‘n skeepshouer op die trein gesien met ‘n ander seun daar naby. Vorige inligting het na drie seuns verwys.

Die polisie het eers vanmiddag, byna 20 ure na die voorval, inligting verskaf.

Kolonel Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie in Mpumalanga het bevestig dat ‘n geregtelike doodsondersoek geopen is na ‘n tienerseun gister omstreeks 14:00 by die Groenvlei-spoorlyn op Val doodgeskok is.

‘n Bron het gister gesê die seun is 16, maar die volgens die polisie is die seun 17 jaar oud.

“Voorlopige ondersoek dui daarop dat die oorledene saam met ‘n vriend was toe hy op die stilstaande treinhouer geklim het en wou sien wat binne-in die houer was. Hy het na bewering bo-op die houer met die elektriese draad kontak gemaak. Hy is op die toneel dood verklaar,” het Masondo gesê.

Buiten die goedere trein, was ‘n Rovos Rail-trein ook gister op Val. Dit was nie onmiddelik duidelik op watter trein die seuns geklim het nie, maar volgens ‘n persverklaring van Rovos Rail wat aan Caxton Netwerk-nuus gestuur is, was dit ‘n goederetrein.

“Ons is hartseer oor die tragiese lewensverlies en betuig ons meegevoel aan die familie en gemeenskap wat geraak is. Rovos Rail was nie by hierdie voorval betrokke nie. Die sterfte het op ‘n goederetrein op ‘n parallelle lyn voor ons plaasgevind terwyl ons stilgestaan het,” het kommunikasiebestuurder Liezl Maclean gesê.

Die seun was deel van die Wapadrand Boeredans-groep van Pretoria wat die jaarlikse byeenkoms op Val bygewoon het. Die leier van die dansgeselskap, Danette Smith, wou uit respek vir die kind se ouers nie kommentaar lewer nie.

Rita Britz, die eienaar van die Val Hotel en organiseerder van die Boer en Britdag, het haar medelye uitgespreek.

“Ons deel ons liefde, gedagtes en gebede met die geliefdes wat hierdie tragiese gebeurtenis moes beleef en ons harte gaan uit na hulle in hierdie moeilike tyd,” het Britz gesê.

Lees ook: Tiener sterf op trein by Val

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Jana Oosthuizen

I have been working for the Ridge Times newspaper for 15 years. I worked in a few other fields before starting to work for the newspaper in October 2009. I have a diploma in Journalism and the areas where I cover news include Secunda, Bethal, Trichardt, Evander, Leandra and Kinross.

Related Articles

Back to top button