Local news

Arbeidsterapeute nooi gemeenskap na naweek op Secunda

Verskeie aktiwiteite vind die naweek - vanaf Vrydag tot Sondag - plaas.

Dié naweek kan die gemeenskap aan verskeie aktiwiteite met die lig op outisme-aanvaardingsmaand wat in April gevier word, deelneem.

Die ASD-ondersteuningsgroep bied dié naweek aan.

Belangstellendes is welkom om op 17 April ’n gratis springmatklas (trampoline/rebounding) by Skinny Yes op Secunda by te woon. Dit vind vanaf 14:30 tot 15:00 plaas.

Vir inwoners wat meer van ’n rustiger aktiwiteit hou, vind ’n geleentheid om klippe te verf, ook op 17 April by Redemptive Café plaas in samewerking met die Secunda Rocks-groep. Dit begin om 14:00 en sal duur tot 17:00.

’n Prettrap-fietsrit vind op 18 April by die Secunda Central Park Bergfiets-baan plaas en enige iemand kan deelneem. Daar sal ook kosstalletjies wees waar inwoners iets kan koop om te eet en pryse kan gewen word vir die mooiste geverfde klippe wat gevind kan word.

Die naweek word op 19 April afgesluit met ’n erediens by die Kruik Kerk wat om 09:00 begin en enige iemand is welkom om dit by te woon.

Al die aktiwiteite van die naweek is beplan om toeganklik te wees vir neurodiverse mense en hul gesinne en hulle is welkom om al die aktiwiteite by te woon.

Vir meer inligting, skakel Retha Gous by 084 952 2345.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Jana Oosthuizen

I have been working for the Ridge Times newspaper for 15 years. I worked in a few other fields before starting to work for the newspaper in October 2009. I have a diploma in Journalism and the areas where I cover news include Secunda, Bethal, Trichardt, Evander, Leandra and Kinross.

Related Articles

Back to top button