Local news

VLU se Kinross-vroue maak blomme vanuit lemoenskille

Belangstellendes is welkom om volgende vergadering op 7 Mei by te woon.

Vroue van die VLU Kinross-tak het op 9 April bymekaar gekom en Fiona Viljoen het vir die vroue gewys hoe om blomme vanuit lemoenskille te maak.

Viljoen het ook vir die vroue vertel hoe goed lemoene vir ’n mens is en wat ’n mens alles daarmee kan doen.

Lemoene is een van die VLU se produkte van die jaar en Viljoen het ook ’n lemoenkoekresep met die vroue gedeel.

“Lemoene het ’n hoë vitamien C-inhoud en is goed vir die imuunstelsel,” het Viljoen gesê.

“Dit verbeter ’n mens se ysteropname en hou die maag en ingewande skoon.”

Die Kinross-tak vergader weer op 7 Mei om 09:00 vir 09:30 by die Evanderklub en belangstellendes is welkom om dié vergadering by te woon. Vir meer inligting, skakel Mariana Bowker by 062 986 3961.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Jana Oosthuizen

I have been working for the Ridge Times newspaper for 15 years. I worked in a few other fields before starting to work for the newspaper in October 2009. I have a diploma in Journalism and the areas where I cover news include Secunda, Bethal, Trichardt, Evander, Leandra and Kinross.

Related Articles

Back to top button