Local newsMunicipal

Munisipaliteit ondersoek klagtes oor bou-oortredings in Secunda

VF Plus is steeds bekommerd oor onderneming met gevaarlike parkeerterrein.

Die Govan Mbeki Munisipaliteit ondersoek glo klagtes oor onwettige grondgebruik. Dit kom nadat Aranda Nel-Buitendag, raadslid van die VF Plus, oor ’n onderneming in Wolseleystraat, gekla het.

Volgens Nel-Buitendag, het dié onderneming ’n onwettige parkeerterrein gevestig en sy is ook bekommerd oor die verontagsaming van hersoneringsvereistes, onwettige bouwerk, gevaarlike verkeerssituasies en die versuim om toepaslike munisipale wetgewing toe te pas.

Die VF Plus het ook ’n klagte by die openbare beskermer ingedien.

Volgens Nel-Buitendag is dit kommerwekkend dat daar op 7 April ’n ongeluk by dié onderneming gebeur.

Donald Green, Govan Mbeki Munisipaliteit se skakelbeampte, het gesê die munisipaliteit is bewus van die situasie in Wolsleystraat en dat die VF Plus klagtes ingedien het.

“Die munisipaliteit ondersteun enige pogings wat aangewend word om die grondwetlike demokrasie te ondersteun en ons sal saam met die openbare beskermer werk aan dié saak,” het Green gesê.

Volgens hom ondersoek die munisipaliteit tans dié saak en die uitkoms van die ondersoek sal die munisipaliteit se volgende aksies bepaal.


LEES OOK: VF Plus in Govan Mbeki Munisipaliteit kla by openbare beskermer oor nalatigheid

LEES OOK: Community demands accountability over brick manufacturing and Industrial Park projects in Secunda

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Jana Oosthuizen

I have been working for the Ridge Times newspaper for 15 years. I worked in a few other fields before starting to work for the newspaper in October 2009. I have a diploma in Journalism and the areas where I cover news include Secunda, Bethal, Trichardt, Evander, Leandra and Kinross.

Related Articles

Back to top button