Local news

Secunda VLU-lede leer van borduurwerk

Belangstellendes is welkom om volgende vergadering op 5 Augustus by te woon.

Lede van die plaaslike VLU-tak het op 8 Julie vergader en meer geleer van getelde draadborduurwerk en appliekwerk.

Die spesifieke tipe borduurwerk is een van die items op die jaarlike kongres en die vroue het die vereistes bespreek en wenke uitgeruil.

Die Secunda VLU-tak bied op 24 Julie ’n Noir-fotografiedag aan.

Enige iemand kan ’n kaartjie teen R120 bespreek en dié dag bywoon waar belangstellendes die geleentheid gaan kry om kreatiewe foto’s in Noir-styl te neem of om hul lyf model te hou.

Die Secunda VLU-tak se volgende vergadering is op 5 Augustus om 09:00.

Belangstellendes is welkom om dié vergadering by te woon. Vir meer inligting, Skakel Lenéll le Roux by 082 828 4371.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Jana Oosthuizen

I have been working for the Ridge Times newspaper for 15 years. I worked in a few other fields before starting to work for the newspaper in October 2009. I have a diploma in Journalism and the areas where I cover news include Secunda, Bethal, Trichardt, Evander, Leandra and Kinross.

Related Articles

Back to top button