Secunda VLU-tak bied fotografiedag aan
Belangstellendes is welkom om die Noir-fotografiedag op 25 Julie by te woon.

Die Secunda VLU-tak bied op 25 Julie ’n Noir-fotografiedag aan om vir fotograwe en modelle die kans te gee om fotos te neem of te poseer.
Lenéll le Roux, organiseerder van dié dag, het die gemeenskap genooi om vir ’n paar ure saam met hulle in nostalgie vasgevang te word deur klassieke Noir-fotografie.
“Trek jou gunsteling vintage-uitrusting aan, bring jou kamera of selfoonkamera saam of kom geniet dit om voor die lens te poseer,” het Le Roux gesê.
Die idee is dat die modelle volgens die kleredrag van 1920 tot 1950 moet aantrek.
Kostes beloop R120 per persoon en sluit sop en vars brood, asook ’n glasie sjerrie of ’n warm nie-alkoholiese winterdrankie, in.
Vir meer inliging, skakel Le Roux by 082 828 4371.



