Local news

Skoonhede wil 100 handsakke gedurende Vrouemaand insamel

Die doel van dié projek, ter viering van Vrouemaand, is om vir vroue hoop te gee en voor einde Augustus 100 handsakke in te samel.

Die Mevrou Suid-Afrika Kurwes-finalis, Chantél Rottcher en voormalige Mevrou Suid-Afrika semi-finalis en radio-omroeper, Janine van Wyk, het hande geneem en ’n handsak-projek van stapel gestuur.

Die doel van dié projek, ter viering van Vrouemaand, is om vir vroue hoop te gee en voor einde Augustus 100 handsakke in te samel.

Hulle het die gemeenskap aangemoedig om hul ou handsakke wat hulle nie meer gebruik nie, met ten minste vier items te vul en vir dié projek te skenk.

Die items in die handsakke kan enige toiletware soos deodorant, ’n sepie, sanitêre doekies, lipstiffie of Lip Ice, of enige ander toiletware wees.

Belangstellendes kan die handsakke by DraDitso-winkel by Lake Umuzi gaan aflewer.

Vir meer inligting, skakel Van Wyk by 079 396 9144 of Rottcher by 071 251 8715.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Jana Oosthuizen

I have been working for the Ridge Times newspaper for 15 years. I worked in a few other fields before starting to work for the newspaper in October 2009. I have a diploma in Journalism and the areas where I cover news include Secunda, Bethal, Trichardt, Evander, Leandra and Kinross.

Related Articles

Back to top button