Local news
Secunda VLU-lede leer meer van Noir-fotografie
Belangstellendes is welkom om tak se volgende vergadering in Augustus by te woon.
Die plaaslike VLU-tak het op 25 Julie ’n Noir-fotografiedag aangebied. Piet Potgieter van die Hoëveld Fotografieklub het wenke gegee en die moets en moenies van Noir-fotografie met belangstellendes gedeel.
Modelle het daarna die kans gehad om vir die fotograwe te poseer.
Vir meer inligting oor die Secunda VLU-tak se volgende vergaderings of werkswinkels, skakel Anél Pretorius by 076 249 3902 of Lenéll le Roux by 082 828 4371.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



