School sportSchools

Hoërskool Secunda bied Noordvaal bowl-eindronde aan ná sterk vertoning in halfeind

Hoërskool Secunda se eerstespan skop om 12:45 teen Die Anker af.

Hoërskool Secunda se rugbyspanne speel hierdie Saterdag, 27 Augustus, op hul tuisveld in die bowl-eindstryd  (afdeling 4) van Noordvaal-toernooi.

Dit volg na drie van die skool se spanne hul halfeindstryde verlede naweek, Saterdag 20 Augustus gewen het.

Die eerstespan het Hoërskool Pietersburg in ’n tuiswedstryd met 19–7 geklop.

Die 0/16-span het hul wedstryd teen Die Anker met 5–0 op Secunda gewen en die Secunda se 0/15s het vir Wesvalia in wegwedstryd met 30–0 kafgedraf.

Wesvalia se 0/14-span het egter vir Secunda op Secunda kom ore aansit en die wedstryd met 12–6 beklink.

Die bowl-eindstryde word op Hoërskool Secunda se veld beslis met Wesvalia se 0/14s wat om 09:00 teen Hoërskool Pietersburg uitdraf.

Secunda se 0/15s pak om 10:10 vir Hoërskool Pietersburg en om 11:20 kom Secunda se 0/16-span teen Wesvalia te staan.

Hoërskool Secunda se eerstespan skop om 12:45 teen Die Anker af.

Toegang is R20 per persoon.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button