SchoolsStreeknuus
Tuisskole-sokker sorg vir groot opwinding op Delmas
Dit was sokker van die hoogste gehalte met volop talent in beide spanne.
Die sokkerspanne van Delmas en Sundra het mekaar behoorlik die stryd aangesê tydens ’n vriendskaplike wedstryd.
Die 0/11- en 0/13-sokkerspanne van Laerskool Delmas en Laerskool Sundra het op Woensdag, 10 Augustus op Delmas teen mekaar te staan gekom.
Die twee skole se 0/11-spanne het gelykop gespeel met twee doele elk waarna ’n uitklopronde gespeel is.
Dellies het hierna as die wenners van die veld af gedraf.
Ook die 0/13-spanne het met ’n gelykoptelling van twee doele elk geëindig.
Weer eens was ekstra tyd en ’n strafskop in plek gestel en tydens die uitkloprond is Delmas weer as die wenners aangekondig.





At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!








