SchoolsStreeknuus

Laerskool Witpoort, die skool waar elke kind ’n naam het

By dié skool mag kinders nog kinders wees en kaalvoet skool toe gaan.

Laerskool Witpoort is ’n opvoedingsjuweel, weggesteek net buite die Ooste van Pretoria op die Garsfonteinweg-oos-verlenging.

“Laerskool Witpoort is ’n trots Afrikaanse, waardegedrewe skool waar dissipline ononderhandelbaar is. Hier vat ouers en opvoeders hande om as ’n wenspan na ons kinders om te sien,” het Bernice van Staden, bemarker van Laerskool Witpoort, gesê.

“Ons bied jou kind die geleentheid om skool te gaan in ’n rustige omgewing, weg van die gejaagde stadslewe.”

By dié skool mag kinders nog kinders wees en kaalvoet skool toe gaan is ’n groot lekkerte.

Hulle streef om gehalte onderrig in akademie te bied.

Geleenthede aan deelname in kultuur en sport op alle moontlike gebiede bring die nodige balans.

“Ons het ook verskeie leerders wat aan nie-skolastiese buitemuurse aktiwiteite deelneem en selfs op internasionale vlak meeding.

“Laerskool Witpoort beskik oor uitstaande opgeleide personeel.

“Vir ons is dit baie belangrik dat leerders innoverende akademiese onderrig ontvang.

“Ons poog om leerders aan te moedig om optimaal te funksioneer as selfdenkende en afgeronde individue.”

Die skool beskik verder oor vier busroetes naamlik, Rayton/Cullinan, Garsfontein, Elarduspark via Bapsfontein en Delmas via Bapsfontein.

Alle busse vervoer leerders soggens en smiddae na aktiwiteitsperiodes.

Volgens Van Staden, handhaaf die hoof, Hennie Griessel, ’n oopdeur-beleid.

“Leerders kom spog met hul trotse werk by hom en sy prys en positiewe impak op ons leerders spoor hul aan om net hul beste te wil gee.”

“Die skool se leuse is; ‘Waar elke kind ’n naam het’ en Laerskool Witpoort doen hul leuse gestand.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button