SchoolsStreeknuus

Onnies van Laerskool Du Preez van Wyk op Bronkhorstspruit vermaak gehore op FM 115.8

Die skoolsaal vol lag en vrolike musiek bring ouers en leerders bymekaar en maak die harde werk alles die moeite werd.

Swoeg, sweet en dans is een manier om die onderwyserskonsert van Laerskool Du Preez van Wyk te beskryf.

Die onderwyserskonsert is ’n tradisie by Dupieland wat elke vier jaar deur die skool aangebied word.

Weens die Covid-19-pandemie kon dit nie verlede jaar plaasvind nie en die onderwysers was daarom vuur en vlam om dit weer vanjaar op die planke te tbring.

Die onderwysers het reeds sedert Mei aan hierdie konsert gewerk en kliphard geoefen so tussen akademie, sport en ander aktiwiteite.

Op die aande van Woensdag, 3 Augustus en Donderdag, 4 Augustus het die onderwysers egter die vrugte van hul harde werk gepluk.

Die skoolsaal vol lag en vrolike musiek het ouers en leerders bymekaar gebring en die harde werk alles die moeite werd gemaak.

Dupieland se onnies het die gehoor met dans, kort opvoerings en die advertensie van ‘nuwe produkte’ op FM 115.8 vermaak.

Kompetisies vir die gehoor is ook gehou.

Tydens een van die kompetisies moes die gehoor raai watter onderwyser se stem opgeneem is.

Met ’n hele paar korrekte raaiskote, moes daar toe van ’n trekking gebruik gemaak word om die uiteindelike wenner te bepaal.

Tydens nog ’n kompetisie moes die gehoor raai waarom die radiostasie dan FM 115.8 genoem is.

Die antwoord hierop was dat dit Dupieland se ouderdom in 2022 is.

Onderwysers van Dupieland vermaak die gehoor tydens die FM 115.8-konsert.

“Die aand was ’n reuse sukses.

“Die gehoor se positiewe reaksie en deelnemende onderwysers is ’n goeie getuienis daarvan.

“Ons bedank elke onderwyser vir hul insette en uithouvermoë en ook elke ouer en leerder wat ons ondersteun het deur die konsert by te woon.

“Ons sien uit na die volgende onderwyserskonsert wat vir 2026 beplan word,” het Gerhard Engelbrecht, skoolhoof, laat hoor.

Shaylee van Heerden, Lize van Zyl, Lucille O’Connell. Lize Janse van Rensburg en Lizemari Pretorius wys hul danspassies tydens Dupieland se FM 115.8-konsert.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button