SchoolsStreeknuus

Bambino Montessori hou pretloop-dag op Cullinan

Vuur-en-Vlam het in die eerste plek geëindig, Gogga Manis’s behaal die tweede plek en in die derde plek was die span van Flambojant.

Oud en jonk, groot en klein het Bambino Montessori se 14de jaarlikse pretloop op Cullinan bygewoon.

Op ’n sonnige Saterdag, 27 Augustus was daar deur middel van groot pret gelag en gespeel met die doel om verhoudings binne die gemeenskap te bou.

Sakresies, ballonspeletjies, “lasertag”, kaskarre, springkastele en ’n heerlike potjiekos-kompetisie was maar etlike van die items op die dag se spyskaart van groot vermaak.

Bambino se tema vanjaar was insekte en die beste uitrusting is deur Amahle Mathapo gedra.

Die idee rondom die dag spruit voort uit die moontlikheid van ’n geldinsameling vir kleuterskole om bykomende toerusting aan te skaf of opleiding te verskaf om meer effektief te kan funksioneer,” het Carien Jacobs, hoof van Bambino Montessori laat hoor.

Die spanne wat vir die potjiekos-kompetsie ingeskryf het, was Shogo Lindes, The Ant-Vengers, Charlotte’s Web, Bush Babies, Vuur-en-Vlam, Flambojant, No name, Gogga Mania’s, Beautiful Beatles en die Botha Butterflies.

Vuur-en-Vlam het in die eerste plek geëindig, Gogga Manis het die tweede plek behaal en in die derde plek was die span van Flambojant.

So word daar potjiekos gemaak op Cullinan.

Die pryse is deur Rayton Biltong en Braai, Spar en Salon Hair by Anine geborg.

Die potjiekos-kompetisie se beoordelaars, Jan Theron. dr. Karin Breytenbach, Dino Naidoo en Ria Wolmarans was bedank vir hulle tyd.

Die speletjie-wenners kon trots met hul spesiale trofees huis toe keer.

“Spesiale dankie aan elke ouer, ouma, oupa, vriende en familie vir julle bydrae om die dag suksesvol te kon afsluit,” het Jacobs afgesluit.

Daar word lekker gekuier tydens Bambino Montessori se pretloop-dag.
Uitspantyd by Bambino Montessori op Cullinan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button