Dellie-landlopers deur na SAs
Tydens die wedloop het Michelle ’n algehele vierde plek uit 74 deelnemers behaal.
Twee landloopatlete van Hoërskool Delmas het deurgedring na die Suid-Afrikaanse Landloopkampioenskap wat op Saterdag, 17 September op Rustenburg plaasvind.
Michelle Myburgh en Nicky Thompson het ook aan die skolebyeenkoms by Hoërskool Generaal Hertzog op Saterdag, 13 Augustus deelgeneem.
Michelle het met ’n goue medalje en Nicky met ’n silwermedalje huiswaarts gekeer.
Tydens ’n skolebyeenkoms wat op Woensdag, 17 Augustus plaasgevind het, het Michelle ’n algehele vierde plek uit 74 deelnemers behaal.
Ook op Saterdag, 20 Augustus het die twee atlete uitstekend gevaar toe hulle aan die AMCU-klubkampioenskap deelgeneem het.
Hier het Michelle ook ’n vierde plek behaal terwyl Nicky algeheel sewende geëindig het.
Dié Dellie-landlopers om voor hul deelname aan die SAs weer met nog goeie resultate te spog wanneer die atlete op Saterdag, 3 September aan die Mpumalanga-kampioenskap gaan deelneem.



