SchoolsStreeknuus

Loffies se revue blaas lewe in kinderstories van ouds

Met die treffende tema ’ons klim binne in ons storie in’ het elkeen in die gehoor teruggevoer geraak in tyd.

Wie onthou nie vir Rooikappie en die wolf nie, Sneeuwytjie en die sewe dwergies, Aspoestertjie, die drie varkies en al die ander bekende kinderboekstories nie?

Tydens Laerskool Eloff se revue en met ’n vrolike en moderne aanslag, het al hierdie stories vir oud en jonk weer lewe gekry.

Met die tema Kom klim binne in ons storie in het elkeen in die gehoor teruggevoer geraak in tyd.

Die revue se laaste opvoering het heel gepas op lentedag, Donderdag, 1 September plaasgevind en die saal was vol van trotse ouers, oupas en oumas, boeties en sussies en ondersteuners van Laerskool Eloff.

Die hoof, Louise van Niekerk, het die verrigtinge geopen met gebed en bedankings.

Hierna het die personeel die aand se verrigtinge met hul eie opvoering ingewy.

“Sonder om uitsonderings te maak, wil ek dankie sê aan Loffies se personeel vir baie harde werk en voorbereiding agter die skerms, elke ouer wat bygedra het, en kostuums gemaak het.

“Dankie aan elke vriend van Loffies en aan elke leerder wat aan die revue deelgeneem het.

“Julle het ’n treffende revue gelewer. Dit was uit die boonste rakke.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button