Loffies huldig hul leiers vir 2023 in
Die hoofdogter vir 2023 is Carike Rachman en die hoofseun is Zak Venter.
Tydens ’n glansgeleentheid is die nuwe leiers vir Laerskool Eloff ingehuldig.
Die seremonie het op 10 Januarie in die skool se saal plaasgevind.
Die nuutverkose leiers, hul ouers, beheerliggaam en ander gaste het die geleentheid bygewoon.
Adriaan Benadie het die verrigtinge geopen waarna Amanda Labuschagne almal verwelkom het.
Daarna was Dalene Venter aan die beurt en het sy die doel, verwagtinge en verpligtinge van die skool se gekose leiers bespreek.
“’n Leier is nie iemand wat voorloop nie, maar wel iemand wat die span deur opdraandes en afdraandes kan motiveer,” het Venter gesê.

Hierna het die skoolhoof, Louise van Niekerk, haar plek op die podium ingeneem en het die inhuldigingseremonie plaasgevind.
Laerskool Eloff se nuwe leiers is Jeanré Arentsen, Ricardo Eksteen, Lizzelle Gericke, Ariana Langerman, Noluthando Maseko, Lethabo Mogapi, Sandisa Motsweni, Keni Mphuti, Kylin Nieuwenhuis, Marco Prinsloo, Carike Rachman, Jared Schutte, Jadri Swanepoel, M’Landi Swanepoel, Kylee van der Walt, Corné van Greuning, Zak Venter en Arthur Weideman.
Arthur Weideman sal as die bemarkingskomiteevoorsitter vir 2023 diens doen.
Sandisa Motsweni is as die voorsitter van die kultuurkomitee aangewys en Ariana Langerman as die voorsitter vir beide die akademie- en sportkomitees.
Die hoofdogter vir 2023 is Carike Rachman en die hoofseun is Zak Venter.

“Dit is ’n groot voorreg wat hierdie leerders te beurt val,” het Van Niekerk gesê.
“Ek is trots om deel van die span van Laerskool Eloff te wees.”
Van Niekerk het ook die personeel betrokke by die beplanning en sukses van die aand se verrigtinge vir hul positiewe bydrae bedank.
Die aand was met gelukwense en ’n gesellige vingerete afgesluit.



