Inwoners van die SAVF Silwerjare het ’n opwindende oggend gehad toe Jurie Els met sy sprankelende geaardheid en stem meer as een laat lag, asook ’n traan laat stort het.
Pouse het me. Lettie Olivier, me. D. Nel en J. Smit ons bederf met heerlike eetgoed saam met tee of koffie.
Baie dankie julle vir al die bederf deur die jare.
Mnr. Hannes Strydom en Kobus Kruger moes ons weer eens te hulp snel.
Dié keer met ’n kragopwekker, want Bethal se krag het ons weer tot almal se teleurstelling, in die steek gelaat.
Tot ons vreugde kon Jurie met sy vertoning voortgaan.
Dankie manne vir al julle hulp deur die jare.
Dankie me. Elsa Strydom wat dié prag-vertoning gereël het.
Baie dankie Elsa, ons ken jou as ’n bestuurder wat Silwerjare altyd eerste stel.
Inwoners, Silwerjare.