LettersOpinion

Bestuurder tree af

Dit het my deel van die groot familie van Silwer Fleur gemaak en as ’n mens van jou familie moet afskeid neem, is dit nie maklik nie.

Ek het groot waardering en liefde vir die inwoners van Silwer Fleur Aftree-oord in Kriel.

Nadat ek die voorreg gehad het om vir 14 jaar julle bestuurder te wees, dink mens terug.

Toe ek in Desember 1999 hier begin het, het sommige van julle reeds hier gebly en ander weer meer as 14 jaar.

Liefde, vreugde en leed het ons gedeel.

Dit het my deel van die groot familie van Silwer Fleur gemaak en as ’n mens van jou familie moet afskeid neem, is dit nie maklik nie.

Baie van julle het gister aan my gesê dat julle my nie gaan vergeet nie, ek kan net sê, net so!

Dit is so dat daar mense is wat nie net voetspore in jou lewe laat nie, maar ook in jou hart.

Aan die personeel – baie dankie vir die jare van saamwerk.

Om ’n besigheid te bestuur met ’n span soos julle, was nie moeilik nie.

Dankie,dankie,dankie.

To our English residents, I have a lot of love for my family in Silver Fleur retirement village.

Thank you for letting me be a part of your lives for the past 14 years.

It has been a privilege.

We shared happy and sad days.

Memories which cannot be erased by time.

Be sure that I will always think back with fond memories of the times we shared.

Salani kahle en mooi bly.

Elsa Uys, Kriel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button