
Gewoonlik sien ’n mens net negatiewe dinge raak oor ons plaaslike ondernemings.
Vandag wil ek egter iets positiefs met Secunda-inwoners deel oor Mica wat uitstekende diens kan en sal lewer.
Dankie aan Chris en sy personeel vir die onmiddellike reaksie nadat ek ’n klagte aan hom voorgelê het.
Chris het dadelik werk daarvan gemaak en ’n span uitgestuur om die probleem op te los.
Die verkeerde doloriet is by my afgelaai en ’n trekker het die doloriet kom oplaai en nuwes afgelaai.
Die bestuurder van die trekker het ’n gat op die sypaadjie gegrou tydens die oplaai van die doloriet.
Hoogs ontstoke het ek by Mica gaan kla, waarna hulle gratis een vrag bousand afgelewer het sodat die probleem herstel kon word.
Dankie Mica, ek sal julle verder ondersteun.
Johnny Myburgh, Secunda.



