
Die Evander Seniorburgerklub het op 5 Desember die jaar met ’n heerlike Kersete, geskenk deur Audrey van Evanderklub, afgesluit.
Verskeie mense soos Hennie en Marlene van Sasol Garage, Engela van Kalahari Slaghuis, Michael van MJ Bottelstoor, BP Garage en Anoniem vir blomme het tot die feestelikheid bygedra.
Baie dankie aan die twee Maries vir wonderlike skenkings en al die lede deur die jaar vir alles.
Graag wil ons ook weer die volgende bedank vir liefde deur die jaar: Shoprite Evander, La Petite, Adegas, Bosveld Lapa, Villas Evander, Wimpy, Secunda Bloemiste, Trichardt Drankwinkel, Hair & Market, Spar Secunda, Anoniem vir die skaap en al die deelnemers, Bets van Kiejanes, Fruit & Veg, Echo en Ridge Times en almal van Evanderklub.
’n Spesiale dankie aan Marie van Biljon wat heel jaar geld ingesamel het en Amanda en dogters vir al die mooi versierings. Baie dankie dit word opreg waardeur.
Ons begin weer op 16 Januarie met ons vergaderings.
Evander Seniorburgerklub.